Laerskool-Wiskunde vorm die grondslag en is die basis waarop Hoërskool-Wiskunde (uit die aard van die saak Tersiêre-Wiskunde) gebou word. Daarom is dit noodsaaklik om te verseker dat die beginsels in die Laerskool-Wiskunde deeglik vasgelê word.
Die meeste leerders begin eers in die Hoërskool met ekstra klasse, maar dan is die agterstand só groot dat hulle negatief oor die vak is, omdat basiese begrippe nie vasgelê en bemeester is nie.
’n Veilige ruimte word geskep waarbinne leerders spontaan en met selfvertroue waagmoed ontwikkel om uitdagings aan te pak.
Daar word deurentyd saam met u as ouer gewerk, om séker te maak dat u kind die dissipline en geordende denke wat die léwe van hom vra, via Wiskunde aanleer.